24/02/2026
KENNISGEWING: SLUITING VAN VUURWAPENKLUIS
Transwes Handelaars (Pty) Ltd
Reg. No: 018 596 1708
Datum: 2026/02/25
Geagte Kliënt
Neem asseblief kennis dat Transwes Handelaars (Pty) Ltd besluit het om ons vuurwapenkluis te sluit. Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie, maar is noodsaaklik onder die huidige omstandighede.
Alle kliënte wat vuurwapens in ons kluis het, kry hiermee ’n tydperk van 12 (twaalf) maande vanaf 25 Februarie 2026 om:
Hul lisensie-aansoeke volledig af te handel; of
Reëlings te tref om hul vuurwapens na ’n ander gelisensieerde vuurwapenhandelaar oor te plaas.
Indien geen reëlings binne die genoemde tydperk getref word nie, sal verdere stappe geneem word in ooreenstemming met toepaslike wetgewing.
Ons versoek alle betrokke kliënte om ons so spoedig moontlik te kontak om onnodige komplikasies te voorkom.
Dankie vir u samewerking en begrip.
Vriendelike groete