07/09/2026
📦 ONTMOET DIE MANNE AGTER ONS VOORRAAD!
’n Besigheid kan nie behoorlik funksioneer sonder voorraad wat betyds ontvang, nagegaan en reg ingelees word nie. Agter die skerms is daar ’n span manne wat sorg dat elke item wat by ons aankom, korrek ontvang en op die stelsel ingelees word.
Van die ontvangs van die voorraad tot die kontrolering van hoeveelhede en die regte produkte – hierdie manne speel ’n belangrike rol om seker te maak dat ons voorraad akkuraat en op datum bly.
Dit is dalk nie altyd die werk wat die meeste raakgesien word nie, maar dit is ’n baie belangrike deel van die besigheid. 💪
Vandag stel ons graag die manne agter ons voorraad voor – elkeen met sy eie rol, persoonlikheid en waarde binne ons span. 👏
En dan is daar Oom Benjamin… ’n besonderse uitsondering. Hy is al sedert 1994 deel van die besigheid! 🤯❤️
Meer as drie dekades se kennis, ervaring en stories – dit is iets wat mens nie kan koop nie.
Ons waardeer elkeen van julle en die rol wat julle speel om die wiele aan die rol te hou! 👏🔥