09/11/2025
Ek wil so graag my gevoelens en ervaring van die afgelope tyd neerpen.
Terwyl ek besig is om te pak vir die groot trek — en onder ongelooflike druk en stres verkeer as gevolg daarvan — flits die gedagtes deur my kop, en teen die tyd wat ek ’n pen in die hand kry, is dit weer weg.
Jy sien, Zambi is maar ’n klein spatseltjie in die groot emmer van diere rescue. En as dít my ervaring is, kan jy net d**k waardeur die groter shelters gaan.
Nou gaan ek seker soos ’n dominee klink wat oor ongeloof preek voor ’n skare gelowiges…
Die verkeerde skare, natuurlik.
Want dis nou weer silly season — en nie net oor geldmors nie.
Dis ook:
🐾 Kitten season
🐶 Puppy season
🏠 Ek kan haar nie hou nie season
🚚 Ek moet trek season
🌾 Ek het hulle in die veld gekry season
😔 Ek het hom gerescue maar kan hom nie hou nie season
✈️ Ek gaan op vakansie season
💼 Ek het my werk verloor season
🌍 Ons immigreer season
🌴 Ons kan nie aanneem nie, ons gaan eers met verlof season
🎁 Ons kan nie nou donasie gee nie, ons moet vir Kersfees en vakansie spaar season
Daar gaan letterlik nie ’n dag verby wat ek nie minstens drie tot vyf boodskappe kry van diere wat dringend ’n huis soek nie.
Dringend n ander heenkome kort nie…
Dringend hier moet weg nie…!!!!
Dringend.
Ons en daai woord… ons kom nie lekker oor die weg nie.
Dringende huise is op aanvraag.
Daar is nie aanbod nie.
’n Wanbalans.
Shelters is oorvol.
Foster-huise bars uit hul nate.
Dis ’n ontploffing-seisoen.
’n Seisoen van “unwanted”.
’n Seisoen van min fondse.
’n Seisoen van géén plek.
‘n Desperate en bitter moeilike seisoen!
En dan hoor jy: “Maar jy is dan in rescue!”
Ja… op die oomblik probeer ek myself red.
Want hier’s die ding —
’n Verantwoordelike rescuer kan slegs 200% inneem van wat hy eintlik kan bekostig om te versorg.
Ons strek altyd ons 100%.
Want ons offer 100% persoonlik op —
Nie net tyd nie, maar ook ons eie geld.
Ons kersgeskenk-geld.
Ons vakansiegeld.
Ons familie-tyd.
Ons naels en hare doen tyd en geld
Ons pluk die snor en baardhare tyd
Ons le en boeklees tyd
Ons kuier saam vriende tyd
Die enigste tyd wat ons nie bereid is om te offer nie, is die tyd wat ons op ons kniee spandeer, biddend en smekend vir n uitkoms…
‘n Antwoord
‘n Wonderwerk!
Dan hoor jy:
“Ek sal hulle bring met kos.”
“Ek sal ’n donasie maak.”
Maar wat van volgende week? Volgende maand? Volgende jaar?
En al die diere op vir aanneem…
waar d**k jy bly hulle?
Iemand sorg reeds vir hulle!
Het jy daaraan ged**k?
Intussen spartel ons hierdie kant om die beste vir die in ons sorg te kan bekostig sonder om knaend te bedel!
Ons verkoop koffie
Hou kompetisies
Run Charity shops
Werk voltyds onmenslike ure
Als om op te maak vir die gap tussen wat ons het en wat ons nodig het….
Mense skree: “Nie die SPCA nie!”
Maar daardie selfde mense — watter organisasie help húlle?
Gee hulle gereeld?
Neem hulle na die SPCA.
“Maar hulle sit uit!”
My dierbare vriend…
Nou vertel my, waar moet almal dan heengaan?
Wat is jou antwoord of oplossing?
’n “Free to a good home”-advertensie en dan hoop vir die beste?
‘n hoarder huis
‘n klein kampie iewers agter die buitegebou?
Dis tyd dat mense se oë oopgaan.
Wake up and smell the S**t!.
Dis nie die rescuer en shelter wat faal nie — dis die samelewing wat blind geraak het en n houding het dat dit n shelter of rescuer se plig is om in te neem…
Sonder om self n vinger te verrig of n beursie oop te maak!
Ek weet nie eens of my punt deurkom nie.
Ek lees terug en voel nie eers die helfte van wat in my hart leef nie.
Ek wil net skree!
Is jy op Facebook?
Sien jy wat aangaan?
Verstaan jy dat daar geen plek is nie?
Verstaan jy dat “hulle inneem” geld kos — nie net vandag nie, maar tot die dag wat hulle uiteindelik ’n huis kry?
Egte veeartsorg.
Nie boererate van Facebook nie.
Ordentlike kos.
Nie supermark se gepresde mielies nie.
Ontwurmings.
Inentings.
Toetse vir parvo en distemper vóór jy hulle inneem.
Tyd.
Komberse was.
Poef optel.
Netjies hou en ontsmet.
Stimuleer.
Ware liefde gee.
Want om in te neem is nie net om te vat en in ’n hok te sit nie.
Wel… nie hier nie, in elk geval.
Dit vat meer as ’n R100-donasie.
Ons doen dit alles uit liefde.
Maar liefde alleen gee nie vir hulle die beste sorg nie.
Dit kos geld!
Meer as wat ons het…..
En asseblief — as ek sê ons het nie plek nie, d**k mooi wat dit beteken.
Dit beteken nie ek wil nie help nie.
Dit beteken ek het reeds meer diere as wat ek kan bekostig om te versorg.
Ek het reeds meer verantwoordelikheid as wat ’n dag my toelaat.
As jy hoor ek het nie plek nie…het jy ooit gevra “waarmee kan ek help?”
“Wat het jy nodig?”
Nope. Ek hoor dit selde!
Ek moet fokus op wat ek het — met wat ek het.
Ek se nie ons het nie plek nie omdat ek nie lus is nie
Of omdat ek bietjie wil weggaan nie
Of omdat ek laat wil slaap nie
Of omdat ek gaste kry nie
Of omdat ek moeg is nie…
Of omdat ek 1 aand dieselfde tyd as my man graag sou wou gaan inkruip nie…
Ek se ek is vol oor ek is….
Een klein spatseltjie in die groot emmer van redding.
En al is ons emmer oorvol — ons sal altyd probeer, altyd hoop,
en altyd liefhê.
Maar ek vra net… verstaan asseblief.
Luister wanneer iemand sê: ons het nie plek nie.
Dis nie ’n verskoning nie.
Dis ’n pleidooi. 💔
Dit beteken daar is reeds meer as wat ons kan hanteer….
En dan vra jy “wat het jy nodig…hoe kan ek help…”!