22/05/2026
Hierdie heining wat ons onlangs gespan het, is binne ure deur die geweldige vloedwater heeltemal weggespoel. Die onlangse storms in die Oos-Kaap het van die ergste oorstromings in jare veroorsaak, nadat meer as 100mm reën in sekere dele van die Gamtoos- en Hankey-omgewing geval het. Sommige gebiede langs die kus is selfs gewaarsku oor moontlike reënval van tot 300mm gedurende die stormstelsel.
Die Gamtoosrivier het sy walle oorstroom, paaie en brûe is beskadig en groot dele van die area was afgesny van omliggende dorpe. Volgens inwoners was dit van die ergste vloede wat die gebied in baie jare beleef het.
Ons harte gaan uit na elke familie, boer en besigheid wat skade en verliese ervaar het. Sterkte aan almal wat nou moet herstel en herbou.
-Mr Safety