14/08/2026
OOM PHIL
Na 'n bietjie meer as 10 jaar by Hiremax, het die dag gekom wat Oom Phil aftree.
Philip Ge**er, of Oom Phil soos almal by Hiremax hom gedoop het, het net so oor die 10 jaar terug as bestuurder by ons Knysna tak oorgeneem. Daar het hy fantastiese werk gedoen met die tak en was deur almal in die Hiremax groep gerespekteer. Hy word toe ons area bestuurder en neem leiding oor die Hiremax groep in die Tuinroete. Weereens en tot op die laaste dag, het Oom Phil die taak in 'n professionele manier verrig.
Oom Phil was altyd gewillig om te help as hy kon, bereid om kennis te deel en tyd te maak vir 'n vinnige storie of twee. Na meer as 'n dekade by Hiremax, groet ons Oom Phil met die wêreld se respek en wil ons almal net baie dankie sê vir alles. Jy het soos die pa van Hiremax geword en sal defnitief gemis word.
Geniet die nuwe hoofstuk en as jy in die area is, sal ons solank die ketel aansit...🙂