21/11/2025
Beste kliënte en vriende,
Dit is met dankbaarheid en ’n bietjie hartseer dat ons meedeel dat Beukes Designs op 01 Desember 2025 sy deure sal sluit.
Dit was vir ons ’n groot voorreg om julle kreatiewe projekte en ontwerpbehoeftes oor die jare te kon dien. Baie dankie vir elke bestelling, boodskap en die ongelooflike ondersteuning wat ons van julle ontvang het.
Alle bestaande bestellings sal betyds voor die sluitingsdatum voltooi word. Vir enige navrae kan julle ons steeds kontak via die gewone kanale.
Ons waardeer elke persoon wat deel van hierdie reis was.
Dankie dat julle Beukes Designs moontlik gemaak het.
Vriendelike groete,
Beukes Designs