Vonkel en Vlam

Vonkel en Vlam Of jy nou wors braai of net daar staan met ’n dop en stories – ons het jou. Tjoppie-trone? Check. Dophouers? Check. ’n Rooster wat jou skoonma uitrook?

Uhm… ons kyk wat ons kan doen. Dis nie net staal nie – dis jou tweede huis, net warmer.

20/09/2025

🔥Wie is Vonkel?🔥

Die man is nie net ‘n staatmaker nie... hy’s ‘n staalmaker! 💪🛠️As jy iets van staal wil bou, sny of sweis – hy’s jou ou! Maar moenie hom vra om met karton te werk nie... dis buite sy “skillset”. 😅

- 9 jaar ondervinding in die staalbedryf. - Gekwalifiseerde Draughtsman.
- Werk al 8 jaar by dieselfde laser cutting maatskappy
– Trou soos staal!❤️ Sy vrou en dogter is sy hart se mense. Hy gee 120% vir alles wat hy aanpak, maar 130% vir sy girls.
– Daai ou se hart is sagter as ‘n warm roosterkoek. 😉
- Hy is verskriklik hardwerkend, maar as jy hom wil bederf?Vat hom na ‘n plek met speelgoed – D**k gereedskap, gadgets, kamptoerusting of iets wat brand, sny of skiet. 😆. - Steak? Medium-rare – soos dit hoort. - Buffelsfontein of Wildebeest Brandewyn – net die beste vir dié bosbaard. - Sy gelukkige plek? In die natuur met ‘n visstok in die een hand en ‘n stuurwiel van ‘n 4x4 in die ander.
- Droom? ‘n Jagplaas vol bokke, biltong en braaivleis.🙏 Hy glo daaraan om altyd aan te hou bid – Dit hou hom gefokus (en kalm as die WiFi nie werk nie).

🎉 En psst... hy word 30 in 2026 – maar moenie dit vir iemand sê nie, hy’s nog jonk van gees!

Ons is hard aan die gang met ń hele paar nuwe pêlle vir julle! 😏Die staal is warm, die vonke vlieg – en ons bou aan iets...
11/09/2025

Ons is hard aan die gang met ń hele paar nuwe pêlle vir julle! 😏

Die staal is warm, die vonke vlieg – en ons bou aan iets wat jou vleis laat bloos.
Ons nuwe pêlle is amper reg vir aksie, maar vir nou gee ons net ‘n vinnige loertjie - ons pêlle is nog besig om aan te trek…

Standaard bosveld tv staalstoker (fire pit) of ń persoonlike ontwerp net vir jou man – ons bring vuur met ‘n bietjie houding😎🔥

Mooi, bekostigbaar en klaar meer getrou as jou nuwejaar-voorneme 😅Hierdie staal-kunswerk is gemaak om jou muur te laat v...
11/09/2025

Mooi, bekostigbaar en klaar meer getrou as jou nuwejaar-voorneme 😅

Hierdie staal-kunswerk is gemaak om jou muur te laat vonkel. Hang hom waar jy lus kry: by die braai, in die kroeghoek, of sommer in jou slaapkamer 🦌🔥

En ja, hy kom in 2 groottes en daar is ook ander bokkies om van te kies sonder om jou vroutjie kwaai te maak😉

Sal jy hom vat of hom los om stof te vang? Laatweet ons 👇🏼👇🏼👇🏼

Address

Brackenhurst
Alberton
1448

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vonkel en Vlam posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share