15/06/2026
Baie geluk aan die drie Hoerskool John Voster studente wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die "First Tech Challenge" in Eindhoven!
Ons wens julle alle sterkte toe vir hierdie ongelooflike geleentheid. Geniet elke oomblik, en gee julle beste! πͺβ
JV's gaan Nederland toe!
Die tyd het aangebreek! Baie geluk en sterkte aan Jayden Veldsman, Bart Schultz en Ignus van Wyk wat mΓ΄re op die vliegtuig klim Nederland toe. Hulle gaan 16-20 Junie aan die FIRST Tech Challenge kompetisie deelneem wat by die Indoor-Sportcentrum in Eindhoven, plaasvind. Dankie aan meneer Francois Stolp wat ons leerders vergesel. Geniet elke oomblik en gaan hou ons naam hoog! Ons het 'n voeltjie hoor fluit dat hulle ook 'n besoek gaan aflΓͺ aan 'n universiteit wat ook 'n sonkar het.
Ons het een vereiste... Neem baie foto's en maak baie memories!
Dankie aan al ons ondersteuners, ouers, personeel en die JV-gemeenskap wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. 'n Spesiale woord van dank aan Communica (Pretoria) en Nube Technologies vir die borgskappe, asook die anonieme borge wat bygedra het.