21/08/2020
The adults took too long to build the park so the children initiated their own swing with oom Mike. Happiness minus the frustration..
The Suurbraak park Project is a community driven initiative to establish a play park for the children.
Suurbraak
Be the first to know and let us send you an email when Suurbraak Parkie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Send a message to Suurbraak Parkie:
'n Groep jong mense van Suurbraak het in Januarie 2017 besluit om, in samewerking met Railton Stigting Swellendam, 'n speelpark vir kinders in die gemeenskap te ontwikkel. 'n Gedeelte van die vakante erf 895 aangrensend aan die bus skuiling in Wesselstraat was geïdentifiseer, en 'n huurooreenkoms was tussen die Swellendam Munisipaliteit en die Stigting onderteken vir 'n periode van drie jaar vir die Suurbraak Park projek.
Die projek stel hom ten doel om 'n kind-en-jeugvriendelike area te ontwikkel wat aanvanklik speelapparaat vir kleuters en kinders, 'n klein speelveld en banke, sal insluit. Die langtermyn doelwit is om 'n opelug gimnasium, 'n amfiteater, 'n inheemse tuin, en die aanplant van bome vir skadu asook houers vir herwinning materiaal, daar te stel.
Die projek geniet die ondersteuning van die Suurbraak Transformasiekomitee en is 'n vrywillige gemeenskap inisiatief met die doel om 'n veilige, openbare ruimte vir die kinders van Suurbraak, te ontwikkel.